Na ‘n baie lang vlug het ons uiteindelik in Parys aangekom. Ons het Sondagaand 18:25 (2 September 2012) eers vanaf Kaapstad vertrek, ons vlug was baie vertraag. Die oggend toe ons in Dubai land was dit so ongelooflik warm, weereens kon ek nie glo dat ‘n mens nog by so ‘n groot lughawe buite moet stap nie? Dis seker juis omdat die lughawe so groot is. Ons moes uitklim en loop tot in ‘n bussie wat ons omtrent 15 minute gevat het tot by lughawe gebou. Dit was so warm 05:00 in die oggend dat toe ek ‘n foto probeer neem toe wasem my kamera se lens onmiddelik op. Ons vlug was weer met soos amper twee ure vertraag en het eers omtrent 14:30 in Parys aangekom. Toe moes ons die trein neem na Gare du Nord. Daar aangekom was ons net te moeg en het toe ‘n taxi gevat op in die pad tot by die hostel. Die plekkie wat ons ingebly het was regtig baie mooi en lekker! Le Village Hostel Dit is baie naby ‘n trein en die Sacre Coeur is net op in die pad.

Hier is ‘n paar fotos van die eerste middag. Het sommer net so ‘n draai gestap en verken.

4 thoughts on “Ons eerste dag in Parys”

  1. Parys is hoog op my lys van gunsteling lande. Ek is groen van jaloesie en bitterbaiebly julle (lees Moeksie) het dit geniet. 🙂

    1. Hallooo! 🙂 Ag dit was baie lekker en sal graag weer wil terug gaan! 🙂 Ek is nou besig om nog ‘n paar fotos kleiner te maak om op te laai! Hoop dit gaan sommer nog baie goed daar by jou? mis vir julle!tata :)x

    1. Hallo! Hoe gaan dit daar? 😉 Dit storm vandag buite… So nou maak ek maar nog fototjies kleiner en laai op! Wil nog my ouma se koeksuster resep ook oplaai, mense het gevra vir dit… haha! Hoop julle het ‘n baie lekker naweek!x

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *