So vlieg ons (ek & my liewe moeder) Parys toe via Dubai. Land 05:00 Maandagoggend daar (03:00) SA tyd. Toe ons uit die vliegtuig uit klim is dit ongelooflik warm, ek wou nog n foto neem, maar my kamera se lens het onmiddelik opgewasem. Dit was 32 grade 05:00 die oggend! Hoe leef die mense in daardie hitte?! Jy voel of jy nie kan asem kry nie… Die sonsopkoms so om en by 07:00 was ongelooflik mooi (vanuit n lugverkoelde lughawe). Hier is twee fotos.

20120904-223124.jpg

20120904-223140.jpg

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.