Marita van der VyverSo ‘n paar maande gelede het iemand vir my Marita van der Vyver se Wegkomkans geleen om te lees. Wat ‘n aangename verassing! Dit handel oor ‘n groep vriende se verhoudings oor ‘n tydperk van tien jaar. Ek het lanklaas ‘n Afrikaanse boek gelees wat ek so baie geniet het, wou dit nie neersit nie. Die laaste paar jaar het ek veral Deon Meyer se boeke gelees en ook baie geniet – het juis vroeĆ«r vanjaar sy nuutste, 7 Dae, gelees. Dalk is dit omdat ek so gewoond is om so baie engelse boeke te lees. Het op ‘n soektog gegaan en vir my nog ‘n boek van Marita van der Vyver by die biblioteek uitgeneem en dit sommer op die vliegtuig klaar gelees Saterdag. Die boek was Griet kom weer. Sal haar boeke definitief aanbeveel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.