So hoor ek dat my neef, Nelis, besluit het om vir ‘n naweek plaas toe te gaan. Ek was Januarie 2009 laas op die plaas en dink toe ek gaan nou vra of ek kan saam gaan as daar ‘n gaatjie iewers vir my is. Die ding is as enige iemand plaas toe ry is daar altyd pakkies wat moet saamgaan en langs die pad afgelaai word, die dat daar nie noodwendig ooit ‘n gaatjie is vir nog ‘n persoon om saam te ry nie. So bel ek toe sommer vir Nelis om te vra of ek kan saamgaan & hy sê ek kan saamgaan.

Nelis sê toe hy wil 05:00 ry en ek dink ons het so net na 04:30 vertrek. So lekker vroeg in die pad, padkos gepak en daar gaan ons. Gelukkig kon ons almal die Vrydag af kry & het ons lekker vroeg weggekom. Nelis het drie vriendinne, Vicky, Jana & Alicia saamgeneem. Eerste plek waar ons toe stop om koffie te soek was op Clanwilliam. Daar was als gesluit en ons ry toe maar aan tot op Klawer waar ons by die Wimpy koffie kon kry. Ons was lekker vroeg op die plaas, dink dit was so net na 10:00. Gegroet en bietjie gesels & ons goedjies afgedra na ons kamers toe & toe is ons af skaapkraal toe, waar ons gekyk het hoe vang die manne ramme. Daarna besluit ons om Koringkorrel toe te ry. Daar is tot gekaraoke op die strand met bamboes as mikrofone, was vreeslik snaaks! Dit was groot pret. Moet natuurlik nie vergeet van teen die sandduine afspring nie.

0064_Nelis_Spring_02

Oppad terug van die see af was daar vreeslike groot sprinkkane. Dit was koelerig by die see, maar na ons oor die bult is toe is dit weer warm. Gepraat van groot sprinkkane, toe ek in my kamer kom is daar hierdie groot gogga wat vir my wag, maar nie ‘n gogga nie, nogals heel oulik. Ek weet nie wat ‘n mens dit noem nie. Dit lyk soos ‘n ‘super-size’ geitjie? Jana het my 750ml waterbottel vir my vasgehou sodat ek dit kon afneem met iets om die grootte te wys.

0061_Nelis_Spring_01

Vrydagaand word daar pot gekook, my mond water sommer nou as ek na die fotos kyk, dink dit was die lekkerste pot wat ek nog geeet het! Die vleis was so sag en so sappig! Daar is so lekker om die vuur gekuier. Oom Sarel, tannie Sally, tannie Liesbet, tannie Annie & oom Kobus het ook ‘n bietjie later die middag op die plaas aangekom, asook Brenda en haar ma. Oom Koos Koek en die tannie het al ‘n bietjie vroeer die week gekom, so ons was omtrent ‘n klompie mense. Dit was vreeslik lekker! Vicky het ingespring en ‘n groentedis gemaak en ons het omtrent geeet! Tannie Annie het natuurlik van haar heerlike melkterte saamgebring (My tannie bak die beste melktert OOIT!! Gaan soek maar in die Strand of Somerset-Wes vir ‘n tannie Annie melktert, dis baie lekker!) Jasper het ook later opgedaag en toe is Nelis darem nie meer die enigste haan onder die henne nie. Oe en terwyl ek nou so praat van my tannie wat die lekkerste melkterte bak, my tannie in Citrusdal, tannie Christa, maak die mooiste handgemaakte kaartjies sy het ‘n paar saamgestuur om verkoop te word by die Basaar die volgende dag. Later die aand na ons geeet het het ons klomp 30 Seconds gespeel, dit was omtrent snaaks! Daar is verduidelik met handgebare soos ek nog nie voorheen gesien het nie! Hehe

Saterdag is die groot dag. Als word ingepak en almal is mooi aangetrek, en toe is ons Basaar toe. Oom Gert en oom Koos het sommer agterop die bakkie elkeen bo-op ‘n stoel gesit. Daar was die lekkerste lekkernye en gebak om nie eers te praat van al die braaivleis wat al van vroegoggend gebraai is om middagete reg te wees. Ons het so net voor nege daar aangekom en toe was die vure al aan die gang. (Dink nie ek het al ooit so ‘n klomp braaivleis voorheen gesien nie!). Vroegoggend is daar omtrent gewerskaf om als uitgepak en reg te kry. Die basaar se opening was amptelik eers 10:00 niemand mag iets vooraf gekoop het nie. Daar het mense van ver gekom om die basaar by te woon. 10:00 Het die dominee die basaar met ‘n gebed geopen. Daar was ook rye banke in die stoor vir almal om op te sit, na ‘n rukkie het hulle besluit die banke wys in die verkeerde rigting en toe eers als gedraai. (Dit was nogals vir my snaaks dat almal so verkeerde kant to sit en kyk ;). Vicky het basaar poeding gehelp skep en die ander het gehelp uitpak. Ek het so ‘n paar pannekoeke gerol, moet se dink nie my vingers het al ooit sooo warm gekry nie, maar dit was baie lekker! Daai een tannie kan vir jou ‘n pannekoek, nee wag sommer twee op een slag bak! Dit wil gedoen wees! Terwyl hulle besig was is daar pannekoeke gebak sodat daar baie kan wees wanneer die veiling verby is en die mense wil kom koop, maar ons kon steeds nie voorhou nie. Die middag na ons geeet het het Jasper vir ons Hondeklipbaai toe geneem. Ons meisies het agterop die bakkie gesit. Ek het nooit geweet daar is ‘n klip wat soos ‘n hond lyk nie, so leer mens elke dag iets! So ‘n bietjie daar rondgery, na die skeepwrak toe gegaan en ‘n paar fotos geneem en toe gaan koffie drink. Hulle maak baie lekker koffie in Hondeklipbaai! Ek was nog nie voorheen in Hondeklipbaai nie, so dit was sommer nou baie lekker om te sien hoe lyk dit daar! ☺ So ‘n klein bietjie geskiedenis van Hondeklipbaai (dit staan op die bordjie by die klip, maar ek weet nie of almal dit sal kan lees nie.)

Die Hondeklip
Hierdie gneis-rots was die inspirasie vir Thomas Grace se benaming “Hondeklipbaai” toe hy in 1846 hier geland het. In 1853 is die “oor” verwyder ten einde “The Dog’s Ear Copper Company” te stig. Later jare is die “neus” deur weerlig afgeslaan.

Shoe as ek so die informasie op die bord lees is ek bly daar is darem nog ‘n bietjie van die klip oor…

Die Saterdagaand het ons weer gebraai & lekker gekuier om die vuur.

Sondag was dit weer die lang pad huis toe…

Hier is baie fotos! 😉

5 thoughts on “Ongelooflike lekker naweek op Sarrisam”

  1. Baie dankie, Terina! Jy het die naweek mooi saamgevat en die foto’s vertel hul eie storie. Dit was baie lekker om julle almal hier te hê en ek hoop ons kan DV hierdie jaar weer so maak – merk solank die datum! Ek dink 2 Nov. 2013.

  2. Terina, jou blog is stunning en hierdie jaar gaan ek saam! ek verlang sommer nou na die plaas – jou fotos is pragtig! Dink Vicky is perfek vir Nelis…

    1. Aaaa dankie Nig! 🙂 Ja jy moet saamkom! Wens ons kon al die niggies & nefies daar kry! Sou so awesome wees. Ek is klaar besig om te dink aan idee van goed wat mens kan maak & saam vat om te verkoop by die basaar. 😉 Lekker daggie!x

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.